Wynproe in Moskou
Moskou Wyn Klub


'n Glas wyn

"Wyn klas" het in 2002 sy deure oopgemaak in Moskou.

Dit het begin met 'n klein groepie wyn entoesiaste (net twee mense :) wat geesdriftig is om die wyn kultuur te bevorder onder 'n "nuwe generasie" drinkers wat van Sowjet styl wyne na Europese wyne oorskakel.

Ons het 'n kort, in-diepte wyn inleidingskursus vir beginners ontwikkel. Dit is 'n kursus genaamd "Wynlys" (of "Kaart van die wyn" siende dat die Russiese word «карта» op albei maniere vertaal kan word) wat absoluut uniek was met sy bekendstelling in die opleidingsmark op daardie stadium. Dit bly steeds ons beste verkoper vir die breë publiek. Alhoewel ons ook daaraan werk om nuwe opleidingsprodukte te ontwikkel om die veranderende drink gewoontes en marktoestande te kan bevredig.

Op hierdie stadium is ons nou 'n ervare en erkende organiseerder van korporatiewe georienteerde opleiding- en ontspanningsfunksies. Ons organiseer proeërye (van wyn, whiskey, brandy, vodka, ens.) vir konferensies, seminare en alle ander tipes van feesvieringe.

Ons is oop vir nuwe idees, nuwe verhoudings en nuwe uitdagings sou dit daartoe bydra dat die omvang van gebruikers van kwaliteit sterk drank en veral wyn entoesiaste verbreed word.

Ons bied ook goeie diens aan jou maatskappy (besigheid of vriende) wanneer professionele advies benodig word :)

Moenie huiwer om ons te kontak vir verdere besonderhede of maatskappy aanbiedinge nie!

+7 905 537 5478 Ilia,
Besturende Direkteur van "Wyn klas", Moskou.


Vind my op Facebook (Nastenko Ilia)
(jy sal eers moet aanteken om my webblad te kan sien)

"Wyn klas" op Facebook: https://www.facebook.com/wineclass










 
наверх

Wine Class
(Moscow, Russia)

Поиск по сайту